Wenslys Vir babas:
  • Pampers doeke 3-6 kg of 2,5 – 5 kg OF Huggies New born
    (Ons gebruik 6-8 doeke per baba per dag= 80 doeke @ +/- R 2.00 = R160.00 X 31 dae = R4960.00 per maand)
  • Wet Wipes pampers / Huggies
  • Epizone A en E ( Ander produkte veroorsaak ekseem by bruin babas)
  • Fissan Paste / Bennets bum cream
  • Tissues
  • Watte bolletjies ( vir behandel van naeltjie met chirurgies spiritus)
  • Toiletpapier
  • Oorstokkies
  • Papierhanddoeke
  • Nuk bottles 0-6 maande ( Rooi, groen, oranje, blou, geel en pienk
    Elke baba het eie kleur bottel)
  • Nuk tiete 0-6 maande ( Small en Medium hole)
  • Tiny baby/ Prem/ New born/ 0-3 maand “baby grows” en Frokkies wat vasknip tussen die beentjies
  • Toedraai kombersies – Katoen en fleese
  • Nan 1 / Isomil Formule melk ( 6 bottels per baba = 60 bottels melk per dag X 31 dae per maand = 1860 voedings per maand)
  • Purity en baba pap vir groter babas
Wenslys vir Huis:
  • Dettol, Vicks
  • Handy Andy
  • Sunlight Liquid
  • Outomatiese waspoeier
  • Staysoft
  • Vadoeke
  • Tee, Koffie, suiker, melk
  • Smeer goedjies vir Brood
  • Brood en Beskuit
  • Wheatbix

Nuusblik Jan 2013

Ons huis sal die jaar op 1 Mei 2013 amptelik 5 Jaar oud.  Die eerste babas wat deur ons huis beweeg het, vier vanjaar  hul  5 de verjaardag in hul nuwe “ forever  families”. Wat ‘n wonderlike mylpaal!

Graag deel ons ook met jul bietjie nuus oor ons projek en babas wat die afgelope 5 jaar ons pad gekruis het:

Ons het sedert die huis se opening al vir 103 babas  ‘n  veilige hawe gebied waar hul tyd kon kry om te groei en mens te word, in die tyd waar daar besin moes word oor hul toekoms.  In die 5 jaar het ons voorwaar wonderlike en hartseer oomblikke beleef met die talle lyfies se kom en gaan. Van die babas is 89 aangeneem nasionaal en internasionaal. Die ander 15 babas is  terug geplaas by die biologiese families of in pleegsorg geplaas. In 2013 het ons tot op hede 7 nuwelinge opgeneem.

Die babas wat deur die huis beweeg word plaaslik sowel as internasionaal geplaas vir aanneming, indien die biologiese moeder die baba afgeteken het. Indien ‘n baba verlaat is deur die biologiese ouers of wees gelaat is deur die afsterwe van  hul ouers, kan hul ook in die huis versorg word.

Die voornemende aanneemouer is ‘n persoon of epgaar wat deur PROCARE of ABBA Adoptions gekeur word. Die ouerpaar word dan na hul keuring ook voorberei op die plasing van die kind, die binding met die baba en ook hoe om die baba te vertel van sy of haar herkoms.

Tydens die babatjie se verblyf in huis Adaliah, word elke lyfie net met deernis en tonne liefde versorg. In die tyd word elke kind se volle mediese geskiedenis ondersoek en die nodige bloedtoetse op die baba uitgevoer. Die baba besoek ‘n pediater om die baba medies geskik te verklaar vir aanneming. Indien die baba prematuur gebore was, word die baba ook geneem vir arbeidsterapie evaluering. Asook gehoor en oogtoetse. Na afloop van al die mediese toetse word daar vanaf die inligting ‘n volledige verslag saam gestel oor die baba se vordering, mylpale, gesondheid, persoonlikheid, eetgewoontes en roetine. Die verslag word dan aan die aanneemouers voorgelê deur die aannemings agentskap. En dit is dan die eerste ontmoeting wat die ouers met hul nuwe familie lid het. Die ouers kan dan aandui dat hul wel die passing aanvaar en dan volg groot opgewondenheid, by die aannneemouers en die huis. Dan word almal tuis by die ouers  vertel van die klein wonderwerkie en hier word die baba vertel dat jou nuwe mamma en pappa  jou een van die dae kom haal.

Dan kom plasing tyd!! Die trane en opgewondenheid  is dan partymaal sommer so gemeng met mekaar, dan staan ons telkens net verstom, oor hoe groot die Here se plan met elkeen van die babas se lewens is en nog sal wees. Ons het dan die wonderlike voorreg om die nuwe ouers van elke baba te ontmoet en kan sien dat die kindertjies net die beste huise gekry het, wat die Here self vir hul gekies het. Ons was maar net die instrument om die werk te doen.

Die liefdevolle versorging van die lyfies in die huis, benodig egter baie hande. Die hande in Huis Adaliah, is 8 permanente versorgers en ‘n wonderlike Huis Mamma, Elsabe. Die dames versorg daagliks die babas en sien om na elke behoefte. Van doeke ruil, bottel gee, bad en baie belangrik tot net warm teen haar bors  vasdruk en liefkoos. Die ander groepie mense, wat help versorg is die groepie vrywillige dames uit Swellendam omgewing wat op ‘n vrywilige basis kom diens doen en help met die versorging van die babas. Hul is ‘n groepie van 10 dames. Ons het ook aan die einde van 2012 ‘n nuwe lid op ons bestuurspan verwelkom, Mev Suzette Morris wat as projekleier optree en saam met die kommitee en Maatskaplike werker help met die daaglikse bestuur van die projek.

Net soos elke projek of huis, kan niks versorging plaasvind, sonder dat daar nie ‘n beursie of begroting by is nie. Huis Adaliah is dan geen uitsondering. Maandeliks beloop die begroting van die huis tussen R30 000 en R40 00 om 6 – 12 babas te versorg. Dit sluit dan salarisse, munisipale rekening, doeke, melk, medikasie, klere ens vir die babas in. Dit is dan ook noodsaaklik vir Huis Adaliah om fondse in te samel om die kostes te dra. (Die elke dag behoeftes is aangeheg in die vorm van ‘n wenslys wat die huis gebruik) Ons word wel ondersteun deur ons moeder organisasie, die AGS Uitvoerende Welsyns raad vanuit hul Umephi projek.

Dit is vir al die personeel en vrywilligers ‘n wonderlike voorreg en ons versorg elke baba wat in die huis opgeneem word met liefde vir die kort tydjie wat ons deel van hul klein lewentjies is. En as hul tyd kom om na hul nuwe gesin te gaan,bid ons God se seën af op hul nuwe pad.

En staan ons net in verwondering, oor God se Groot plan vir elkeen van die klein mensies….